2017 Sandringham Show  GO BACK
START DATE: 12 Oct 2017 - END DATE: 14 Oct 2017 - LOCATION: Sandringham

Facebook Twitter Google +

 

MEDIAVRYSTELLING
16 Oktober 2017

Bekende beesteler maak geskiedenis

Andrew Masterson, bekende beesteler van die Oos-Kaap, het vanjaar geskiedenis gemaak deur sowel die suiwel- as die vleisbees-interraskampioenskappe by Agri-Expo Livestock te wen. Masterson se Holstein-koei Milagro Sexie 13140 is Saterdag op Sandringham buite Stellenbosch as die FNB-Suiwelkoningin gekroon en sy Swart Angus-koei Milagro Power 1324 as die BKB-Vleiskoningin.

Masterson, van die plaas Milagro buite Oesterbaai in die Oos-Kaap en voorsitter van die Angus-beestelersgenootskap van Suid-Afrika, sê dit is vir hom ‘n baie groot eer veral omdat die standaard by Livestock baie hoog is. “Vanjaar se Livestock is die beste blootstelling wat ek nόg by ‘n skou in die land gekry het – ek het nog nooit soveel mense by ‘n beesskou gesien soos Saterdag nie. Livestock bied vir ons ‘n uitstekende bemarkingsgeleentheid om ons beste diere ten toon te stel, eerstens aan die publiek en tweedens aan voornemende kopers,” sê Masterson.

Volgens Johan Ehlers, Hoof Uitvoerende Beampte van Agri-Expo, is dit ‘n besondere prestasie vir een teler om beide interraskampioenskappe te wen. “Agri-Expo Livestock is oor die afgelope vier jaar gevestig as die mees gesogte vee-ekspo in Suid-Afrika en bied die grootste suiwel- en vleisbees-interraskampioenskappe van sy soort aan, met meer as 200 beeste van uitstaande gehalte wat aan die skou deelneem. Dit is uitsonderlik om elf vleisbeesrasse en drie suiwelrasse by ‘n skou te hê en is ‘n bewys dat Agri-Expo Livestock op internasionale standaard is. Ons is trots daarop dat ons vanjaar byna 14 000 mense by Agri-Expo Livestock ontvang het,” sê Ehlers. 

Agri-Expo Livestock word ondersteun deur meer as 20 telersgenootskappe. Dit is tans die grootste suiwelskou in Suid-Afrika met deelname deur die Holstein-, Ayrshire- en Jersey-telersgenootskappe. In die vleisbees-interraskampioenskappe ding 11 verskillende rasse in ses verskillende klasse mee. Die Hereford-, Simmentaler, Limousin- en Angus-rasse het vanjaar koning gekraai, met Masterson se Swart Angus wat met die gesogte titel weggestap het.

Die suiwel-interraskampioenskappe is beoordeel deur Herman Duvenage, senior beoordelaar van alle vleisbees- en suiwelrasse in Suid-Afrika, sowel as twee internasionale beoordelaars, naamlik Harry Schuiling van Holland en Neal Smith van die VSA. Hulle deelname is moontlik gemaak deur Semex Suid-Afrika en die Ayrshire-telersgenootskap. Die vleisbees-interraskampioenskap is beoordeel deur Duvenage en deur Willie de Jager, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Interrasbeoordelaarsvereniging.

Agri-Expo, ‘n nie-winsgewende landbougenootskap, bevorder die beeld van landbou deur bemarkingsinisiatiewe soos ekspo’s, waaronder die Suid-Afrikaanse Kaasfees en Agri-Expo Livestock. Vir meer inligting, besoek www.agriexpo.co.za, volg Agri-Expo op Facebook of Twitter, of kontak Agri-Expo by 021 975 4440 of admin@agriexpo.co.za.

Foto:
Die bekende beesteler Andrew Masterson, die eerste wenner ooit van beide die suiwel- én die vleisbees-interraskampioenskappe by Agri-Expo Livestock, met sy Holstein-koei Milagro Sexie 13140 wat op Saterdag 14 Oktober op Sandringham buite Stellenbosch as die 2017 FNB-Suiwelkoningin gekroon is.

UITGEREIK DEUR

Isabeau Botha
Korporatiewe Kommunikasiebestuurder/Korporatiewe Kommunikasiebestuurder
Agri-Expo
021 975 4440/072 247 5868
isabeau@agriexpo.co.za

 

 

MEDIA RELEASE
16 October 2017

Well-known cattle breeder makes history

Andrew Masterson, well-known cattle breeder from the Eastern Cape, made history by winning both the Dairy as well as the Beef Interbreed Championships at this year’s Agri-Expo Livestock on Saturday 14 October at Sandringham outside Stellenbosch. Masterson’s Holstein cow Milagro Sexie 13140 was crowned as the FNB Dairy Queen and his Black Angus cow Milagro Power 1324 as the BKB Beef Queen.

Masterson, from Milagro Farm outside Oesterbaai in the Eastern Cape and chairperson of the Angus Cattle Breeders’ Association of South Africa, says winning both championships is a huge honour especially as the standard is very high at Livestock. “This year’s Livestock is the best exposure I have ever received at a show in South Africa – I have never seen as many people at a cattle show as on Saturday. Livestock offers us an excellent marketing opportunity to show our best animals, firstly to the public and secondly to potential buyers,” says Masterson.

According to Johan Ehlers, Chief Executive Officer of Agri-Expo, it is an exceptional achievement for one breeder to win both interbreed championships. “Agri-Expo Livestock over the past four years established itself as the most prestigious cattle expo in South Africa and hosts the biggest dairy and beef cattle interbreed championships of its kind, with more than 200 head of cattle of outstanding quality participating in the show. It is exceptional to have eleven different cattle breeds and three dairy breeds at a show and proves that Agri-Expo Livestock is on an international standard.  We are proud to have received almost 14 000 people at Agri-Expo Livestock this year,” says Ehlers. 

Agri-Expo Livestock is supported by more than 20 breeders’ associations. It currently is the largest dairy show in South Africa with participation by the Holstein, Ayrshire and Jersey Breeders’ Societies. In the beef cattle interbreed championship 11 different breeds compete in six different classes. The Hereford, Simmentaler, Limousin and Angus breeds were this year’s winners, with Masterson’s Black Angus that won the prized title. 

The dairy interbreed championship was judged by Herman Duvenage, senior judge of all beef cattle- and  dairy breeds in South Africa, as well as by two international judges, Harry Schuiling from Holland and Neal Smith from the USA. Their participation was made possible by Semex South Africa and the Ayrshire Breeders’ Society. The cattle interbreed championships was judged by Duvenage and Willie de Jager, chairperson of the South African Interbreed Judges’ Panel. 

Agri-Expo, a non-profit agricultural society, promotes the image of agriculture through marketing initiatives such as expos, including the South African Cheese Festival and Agri-Expo Livestock. For more information, visit www.agriexpo.co.za, follow Agri-Expo on Facebook or Twitter, or contact Agri-Expo at 021 975 4440 or admin@agriexpo.co.za.

Photo:
Well-known cattle breeder Andrew Masterson, the first winner ever of both the Dairy as well as the Beef Interbreed Championships at Agri-Expo Livestock, with his Holstein cow Milagro Sexie 13140, crowned as the FNB Dairy Queen on Saturday 14 October 2017 at Sandringham outside Stellenbosch.

ISSUED BY

Isabeau Botha
Korporatiewe Kommunikasiebestuurder/Korporatiewe Kommunikasiebestuurder
Agri-Expo
021 975 4440/072 247 5868
isabeau@agriexpo.co.za

 



EVENT INDEX  UPCOMING EVENTS  BACK TO TOP

 

PO Box 25497
Langenhovenpark
9330

Tel: 051 446 3129
Fax: 0862950161
olene@ayrshire.co.za